top of page
Mountain%20vector1_edited.png
Anton van rijnen@2x.png
corporrate governance@2x.png
Anton Rijnen
Hoof uitvoerende beampte

Achiever, Relator, Strategic, 

Maximizer, Focus (CliftonStrengths®)

  • LinkedIn

Die verhaal van my lewe het begin in ’n klein myndorpie in Suid-Afrika waar ek gebore is. My pa het uit Nederland emigreer en in die myne gewerk. My Moeder, ’n Suid-Afrikaner, is ongelukkig, weens komplikasies, 20 dae na my geboorte oorlede. My ouer broer en suster het by ons ouma gaan woon en ek by ’n oom en tante totdat ek drie jaar oud was en my pa weer in die huwelik getree het.

 

Gedurende my skooljare het ek as ’n leier ontwikkel – ’n eienskap wat my goed te pas gekom het toe ek Medihelp se uitvoerende hoof geword het op die jong ouderdom van 39 jaar. Dit was nie ’n maklike pad tot hier nie. My pa is oorlede in my eerste jaar op universiteit en was ek verplig om hierna self my pad verder uit te kap. Ek het ensiklopedieë verkoop, na-ure studeer en die graad B Com in Menslike Hulpbronbestuur aan die Universiteit van Pretoria verwerf.

 

Ek het my formele loopbaan by Medihelp begin waar my liefde vir mense, hul potensiaal en hoe hulle ’n organisasie kan maak of breek, meegebring het dat ek bevorder is na die pos van Afdelingsbestuurder: Menslike Hulpbronne. Hierna is ek na verskeie ander senior bestuursposte bevorder totdat ek uiteindelik die uitvoerende hoof geword het.

 

Oor ’n periode van 17 jaar as uitvoerende hoof, het ek Medihelp, saam met my bestuurspan en personeellede, na uitsonderlike vlakke geneem en is die onderneming met verskeie toekennings beloon. Onder andere die “Orange Index” beste maatskappy wat dienslewering aanbetref oor alle industrieë en die 7de beste mediummaatskappy om voor te werk in die “Deloitte Best Company to work for in South Africa”-opname. In 2009/10 en 2010/11 is ek aangewys as een van die tien beste bestuurders in die Corporate Research Foundation (CRF) se publikasie South Africa’s Leading Managers. Na my loopbaan by Medihelp word ek die groep uitvoerende hoof van Strata Healthcare Management (Edms) Bpk. Na twee jaar in hierdie pos dryf my en my kollegas se visie oor die toekoms van die maatskappy uitmekaar en besluit ek om uit te tree.

 

Hierdie besluit maak my vry om Monstrante® (Edms) Bpk te begin waar ek nou ander ondernemings en skole leer, rig en lei om hulle doelwitte te realiseer. Ek het nou die voorreg om van my ondervinding en kennis aan Suid-Afrika, sy maatskappye, skole, leerders en mense terug te gee van wat ek oor etlike jare in ’n groot korporatiewe onderneming en in die lewe geleer het. Ek het nou die voorreg om te doen waarvoor ek lief is. Ek dank die Here vir die genade en seën wat Hy oor my lewe uitstort.

bottom of page