"DREAMS ARE FREE,

THE JOURNEY ISN'T." 

— JOHN C. MAXWELL

OOR ONS

Elke persoon en onderneming droom om sy of haar doelwitte te bereik, om te oorwin en om op die piek van sy of haar eie Everest te staan.

Monstrante® sal jou toerus met die regte kennis, vaardighede en gereedskap en jou navigeer om hierdie drome te vervul en die hoogste piek te bereik wat jou persoonlike sukses en dié van jou organisasie of skool aanbetref. Jy sal self jou eie berg klim, maar ons sal jou die riglyne gee om die regte dinge reg te doen. 

 

Monstrante® bied besigheidstrategie-, konsultasie- en afrigtingsdienste aan sowel as ’n opleidingsprogram oor korporatiewe bestuur met ondersteunende dokumente om ondernemings en skole te navigeer om hul eie doelwitte te bereik.

 

Monstrante® bied ook verskeie van John C. Maxwell se leierskap- en persoonlike ontwikkelingsprogramme aan om jou as leier te laat floreer op ’n persoonlike vlak sowel as in jou onderneming.

 

Lees meer oor wat ons alles bied en leer, lei en oorwin met Monstrante®.

ONTMOET DIE UITVOERENDE SPAN

Anton van rijnen@2x.png
Anton Rijnen
Hoof uitvoerende beampte

Achiever, Relator, Strategic, 

Maximizer, Focus (CliftonStrengths®)

  • LinkedIn
Carin Rijnen@2x.png
Carin Rijnen
Uitvoerende hoof - Leierskap Ontwikkeling & Afrigting

Relator, Strategic, Learner,

Maximizer, Achiever (CliftonStrengths®)

  • LinkedIn

MY ERVARING

“Ek en twee van my senior personeellede het in 2017 Monstrante® se opleidingsprogram oor korporatiewe bestuur in skole voltooi. Na 21 jaar as skoolhoof voel ek vir die eerste keer bemagtig en gerus dat my beheerliggaam hul funksies verrig soos voorgeskryf. Met gesonde korporatiewe beginsels as basis het die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria na ’n hoër vlak beweeg wat ons mededingend maak met enige privaatskool en kan ons net van krag tot krag gaan. Ek kan Monstrante® se opleidingsprogram vir enige skool aanbeveel. Voorts gee ek elke jaar aan sekere personeel ook die geleentheid om Monstrante® se opleidingsprogram by te woon as deel van hulle ontwikkeling en loopbaanbeplanning.”

Marna Jordaan – Hoof, Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

KONTAK ONS

Carin: 082 492 5804

carin@monstrante.com

Anton: 082 454 5125

anton@monstrante.com

© Monstrante (Pty) Ltd 2020
Copyright subsists in the work contained on this website. Any unauthorised reproduction, publication, broadcasting or adaption or any other unauthorised dealing in respect of any of the works are acts of copyright infringement and make the Doer liable for civil law copyright infringement and may in certain circumstances make the Doer liable to criminal prosecution.
Website design by UPPE Marketing