top of page
Mountain%20vector1_edited.png

"THE SECRET TO YOUR

SUCCESS IS DETERMINED

BY YOUR DAILY AGENDA."." 

— JOHN C. MAXWELL

OOR ONS

Monstrante® se besigheidskonsultante beskik oor meer as 20 jaar se bestuursondervinding en -kennis as voormalige uitvoerende hoof en uitvoerende bestuurders van 'n groot nasionale onderneming. Hierdie ondervinding stel ons in staat om ons kennis met ander ondernemings en skole te deel oor hoe om te werk te gaan om hul gestelde doelwitte te bereik.

 

Die meeste van ons weet WAT om te doen om ons organisasies of skole behoorlik te bestuur, maar kan die HOE soms uitdagend ervaar. Met ons programme oor korporatiewe bestuur en strategiese leiding, ondersteun ons jou organisasie of skool met die formulering van ’n behoorlike ondernemingstrategie en ’n strategiekaart en rig jou af om hierdie strategie te vertaal na die organisasie of skool se operasionele aktiwiteite. Ons bemagtig jou ook met die nodige gereedskap om te voldoen aan die riglyne en beleide van goeie korporatiewe bestuur soos vervat in die King IV™-verslag.

 

By Monstrante® verstaan ons hoe belangrik die konstante ontwikkeling van jou leierskapspotensiaal is – nie alleenlik jou persoonlike ontwikkeling nie, maar ook die ontwikkeling van jou organisasie of skool se potensiaal. Ons John C. Maxwell leierskap- en persoonlike ontwikkelingsprogramme is daarop gerig om jou met die nodige kennis en gereedskap toe te rus sodat jy uiteindelik die piek van jou sukses kan bereik.

 

Leer meer oor die programme wat ons aanbied:

 

  • Strategiese leiding

  • Korporatiewe bestuur in organisasies en skole – die hoe

  • Leierskap-, persoonlike- en spanontwikkeling

  • Besigheidskonsultasie

Skryf vandag in en leer, lei en oorwin met Monstrante®.

 

BESTUUR EN VOLHOUBAARHEID

Monstrante® omarm die vier pillare van redelikheid, aanspreeklikheid, verantwoordelikheid en deursigtigheid wat die fundamentele beginsels in al ons riglyne vir korporatiewe bestuur vorm.

B-BBEE-STATUSVLAK EN SERTIFISERING

Monstrante® het ’n Vlak Vier (100%) B-BBEE verkrygings-erkenningsvlak.

 

SARO-ONDERSKRYWING EN CPTD–PUNTE

Monstrante® (Edms) Bpk is as ’n diensverskaffer by die Suid Afrikaanse Raad vir Onderwysers (SARO) goedgekeur met die diensverskaffernommer PR13260.

 

Die opleidingsprogram, Korporatiewe bestuur in skole, word ook deur SARO onderskryf en 10 CPTD–punte word per module toegeken. Dit beteken dat opvoeders wat hierdie kursus van 10 modules oor 10 maande voltooi, 100 CPTD–punte ontvang.

Monstrante® se John C. Maxwell leierskap- en persoonlike- ontwikkelingsprogramme vir individue en spanne word ook deur SARO onderskryf en die toepaslike CPTD–punte word toegeken na voltooiing van elkeen van die onderskeie programme.

ONTMOET DIE UITVOERENDE SPAN

Anton van rijnen@2x.png
corporrate governance@2x.png
Anton Rijnen
Hoof uitvoerende beampte

Achiever, Relator, Strategic, 

Maximizer, Focus (CliftonStrengths®)

  • LinkedIn
Carin Rijnen@2x.png
Leadership Development@2x.png
Carin Rijnen
Uitvoerende hoof - Leierskap Ontwikkeling & Afrigting

Relator, Strategic, Learner,

Maximizer, Achiever (CliftonStrengths®)

  • LinkedIn
bottom of page