top of page
Mountain%20vector1_edited.png

KORPORATIEWE BESTUUR - DIE HOE

MODULES

 

Monstrante® se opleidingsprogram Korporatiewe bestuur – die “Hoe”, bestaan uit tien modules wat verband hou met die spesifieke reëls en praktyke wat verseker dat die besluitnemingsproses in jou organisasie of skool verantwoordbaar, regverdig en deursigtig is. Die volgende modules vorm deel van die program:

In a Meeting

Module 1

Strategiese beplanning, die ondernemingstrategie en die voltooiing van ’n strategiekaart.

Business Meeting

Module 2

Die vertaling van die onderneming of skool se strategie na die uitvoering van operasionele aktiwiteite sowel as die samestelling van behoorlike agendas/sakelyste, notules, dokumente en vergaderingsprosedures ten einde effektiewe en korter vergaderings te verseker.

Business Meeting

Module 3

Lede van die beheerliggame van organisasies en skole behoort onder andere die implementering van die strategie te monitor, die delegasie van besluitnemingsbevoegdheid uiteen te sit en die prestasie van die onderneming te evalueer en te meet. Hierdie module handel oor die grondwet of konstitusie van die organisasie of skool, ’n gedragskode vir die beheerliggaam, delegasie van besluitnemingsbevoegdhede en prestasieteikens en -metings vir die onderneming.

Business Organization

Module 4

Hierdie module leer jou om ’n behoorlike posbeskrywing op te stel wat gebruik kan word vir die gradering van ’n pos deur middel van ’n aanvaarde posgraderingstelsel, hoe markverwante vergoeding bereken word volgens ’n betroubare markopname en hoe hierdie inligting vervat kan word in ’n vergoedingsbeleid.

Documents and Blurred Business Men

Module 5

Ten einde te verseker dat die vergoeding van personeel belyn met die prestasie van die onderneming, is ’n prestasie-evalueringstelsel noodsaaklik asook die aanstelling van die regte en vaardige personeel. Module 5 sluit in ’n prestasie-evalueringstelsel vir bestuurspersoneel, ’n onderhoudbeoordelingsvraelys, die behoorlike strukturering van ’n onderhoud met potensiële werknemers asook korporatiewe bestuursriglyne.

Business Team

Module 6

Die manier waarop ’n wêreldwye pandemie enige instansie se bereiking van sy doelwitte kan beïnvloed, was ondenkbaar. Hierdie module leer jou hoe om ’n riskobestuursraamwerk op te stel, ’n risikobestuurskomitee saam te stel met sy handves, sowel as ’n risikobestuursregister en krisis-kommunikasieplan.

Making Notes

Module 7

’n Korporatiewe identiteit strek veel verder as net ’n logo. Die aard van ’n organisasie of skool en sy benadering tot besigheid, opvoeding, kliënte, leerders en ouers, asook sy etos, behoort uitgebeeld te word in sy kommunikasie met alle belanghebbendes. Module 7 handel oor ’n stylgids ten einde samehang of kohesie van die handelsmerk te verseker en sluit ook ’n handves in vir ’n oudit-/finansiële-komitee en ’n noodplan vir die organisasie of skool.

Business Meeting

Module 8

Beheerliggame streef daarna om die dienste van die mees vaardige personeel te verkry en te behou. Hierdie module bespreek die belangrikheid aan van ’n dienskontrak, ’n dissiplinêre kode en grieweprosedure asook effektiewe finansiële bestuur.

Cheerful Business Meeting

Module 9

Tevrede kliënte, personeel, leerders en ouers sal meebring dat ’n organisasie of skool op verskeie vlakke suksesvol sal wees. Module 9 verduidelik die belangrikheid om die tevredenheid van die belangrikste belangegroepe te meet, om ’n mediabeleid in plek te hê en om oor ’n behoorlike kontrakregister te beskik.   

Working Together

Module 10

In module 10 leer ons jou hoe om die aktiwiteite van die beheerliggaam, direksie of raad en sy lede van die organisasie of skool te evalueer in terme van die meeste aktiwiteite wat gedurende die opleiding aangebied is. Die aanbieding aan belangegroepe en/of ouers tydens die algemene jaarvergadering word ook bespreek. Die opleidingsprogram sluit af met ’n oriënteringsprogram vir nuwe lede van die beheerliggaam, direksie of raad.

bottom of page