top of page
Mountain%20vector1_edited.png

STRATEGIESE LEIDING

Monstrante® help en rig organisasies en skole met hulle strategiese beplanningsproses ten einde te bepaal waar hulle wil wees in die toekoms in verhouding met waar hulle hulself tans bevind. In die proses word vrae beantwoord op die pad om hulle uiteindelike doel te bereik.

 

Monstrante® fasiliteer strategiese beplanning- en werksessies met die ondersteuning van ’n kundige fasiliteerder, ’n skyfieprogram en relevante video-insetsels ten einde uitvoerende bestuurspanne in staat te stel om ’n behoorlike ondernemingstrategie te formuleer.

 

Verder leer en ondersteun ons uitvoerende bestuurspanne en/of individue om ’n ondernemingstrategie-dokument te skryf en op te stel vir goedkeuring. Hierdie ondernemingstrategie sluit ’n strategiekaart in wat die organisasie of skool se doelwitte en projekte om die doelwitte te bereik, uiteensit.

 

Enige ondernemingstrategie het slegs waarde indien dit geïmplementeer word. Monstrante® sal uitvoerende bestuurspanne en/of individue rig en leer om ’n omvattende dokument op te stel waarin al die strategiese doelwitte waarna in die strategiekaart verwys word, vertaal word na operasionele aktiwiteite, ten einde te verseker dat die ondernemingstrategie behoorlik uitgevoer word.

BESIGHEIDSKONSULTASIE

Monstrante® bied besigheidskonsultasiedienste aan wat verband hou met ’n ondernemingstrategie, korporatiewe bestuur, John C. Maxwell leierskap- en persoonlike ontwikkelingsprogramme, afrigting en die mentor van uitvoerende- en ander bestuurders

asook die CliftonStrengths®, teen 'n uurlikse konsultasie tarief of 'n maandelikse retensie tarief.

© Monstrante (Pty) Ltd 2020
Copyright subsists in the work contained on this website. Any unauthorised reproduction, publication, broadcasting or adaption or any other unauthorised dealing in respect of any of the works are acts of copyright infringement and make the Doer liable for civil law copyright infringement and may in certain circumstances make the Doer liable to criminal prosecution.
Website design by UPPE Marketing

bottom of page