top of page
Mountain%20vector1_edited.png

KORPORATIEWE BESTUUR - DIE HOE

Korporatiewe bestuur is die reëls en praktyke wat verseker dat die besluitnemingsprosesse in enige organisasie of skool verantwoordbaar, regverdig en deursigtig is en die reputasie van die onderneming word ook hierdeur beskerm.

Ons weet normaalweg WAT om te doen om ons organisasie of skool behoorlik te bestuur, maar vind die HOE soms uitdagend.

 

Met Monstrante® se opleidingsprogram, Korporatiewe bestuur – die “Hoe”, help ons jou organisasie of skool om sy eie piek te bereik.

 

Hierdie program is spesifiek gerig op uitvoerende bestuurders, senior personeel en raadslede van maatskappye se direksies of beheerliggame sowel as skoolhoofde, adjunk-hoofde, bestuurspersoneel, departementshoofde en lede van skole se beheerliggame. Die kursus bied praktiese riglyne om behoorlike korporatiewe beginsels en -bestuursdokumente op te stel, te laat goedkeur en te implementeer, ten einde die behoorlike toepassing van korporatiewe bestuursbeginsels in organisasies en skole te verseker.

 

Die kursus bestaan uit tien modules en die nodige beleidsdokumente sal beskikbaar gestel word ná die aanbieding van elke module op Monstrante® se programmatuur-platform of toepassing, die Business Navigator. Hierdie toepassing stel kursusgangers in staat om hul eie dokumente met hul organisasie of skool se eie handelsmerk, op te stel.

BUSINESS NAVIGATOR

Monstrante® se sagteware platform, die Business Navigator, het ’n maklik-om-te-gebruik koppelvlak waar alle dokumente, riglyne en beleide op ’n professionele wyse opgestel en gegenereer kan word deur gebruik te maak van Monstrante® se templaatreeks en voorbeelde.

Computer with Graph

TEMPLAATREEKS

Kies, wysig en druk meer as 35 template en 350 bladsye se dokumente, riglyne en beleide ten einde jou eie korporatiewe bestuursdokumente met jou organisasie of skool se eie handelsmerk daarop, op te stel. Dit sal verseker dat daar aan behoorlike korporatiewe bestuur en -beheerbeginsels voldoen word.

Meer oor ons template

Indien jy meer wil weet oor ons templaatreeks, kies asseblief die kontak-ons-blokkie om ’n PDF-voorbeeld van ons dokumente te versoek. Indien jy ’n uitgebreide lys benodig, versoek dit asseblief in ’n e-pos en ons sal in kontak wees met jou.

 

Indien jy meer te wete wil kom oor die praktiese funksionaliteit van die Business Navigator en hoe maklik dit vir jou en jou span is om te gebruik, kies asseblief die “Bespreek nou”-blokkie om 'n

e-posversoek te rig waarin ’n aanbieding van die Business Navigator-programmatuur met die ondersteuningsdienste en -oplossings, aangevra word.

bottom of page