top of page
Mountain%20vector1_edited.png

LEIERSKAP-, PERSOONLIKE- EN SPANONTWIKKELING

JOHN C. MAXWELL LEIERSKAP- OPLEIDING EN PERSOONLIKE ONTWIKKELINGSPROGRAMME

Ten einde as ’n leier te ontwikkel is dit belangrik om voortdurend te bou aan jou vaardighede op ’n persoonlike sowel as professionele vlak.

 

Met Monstrante® se John C. Maxwell leierskap- en persoonlike ontwikkelingsprogramme, kan jy jouself nou toerus om die hoogste piek van jou sukses te bereik. Hierdie programme is gebaseer op verskeie suksesvolle boeke van die befaamde skrywer en afrigter, John C. Maxwell. Met hierdie opleidingsprogramme wil ons nie slegs volwassenes bemagtig nie, maar ook jong aspirante leiers om hul persoonlike- en leierskapdoelwitte te bereik.

 

Hierdie kursusse word deur Carin Rijnen aangebied, ’n onafhanklike en gesertifiseerde opleier, spreker en afrigter van die Maxwell Team. Die onderskeie kursusse word aangebied deur die sogenaamde Mastermind Study Group waar kursusgangers die geleentheid gebied word om te leer vanuit die fisiese leermateriaal asook uit besprekings van mekaar se idees, insigte en ervarings.

ZM_03112019_0286_108_with logo_color cop

Afrigting ondersteun deur die CliftonStrengths®

Die sogenaamde CliftonStrengths®-verslag is deur Gallup opgestel en uitgereik om jou beste talente te ontdek en te ontwikkel. Hierdie is die manier om te ontdek wat jy van nature die beste doen en te leer hoe om hierdie talente dan te ontwikkel in sterkpunte. Voltooi die aanlyn talent-assessering (Monstrante® sal aan jou ’n kode verskaf). Hierna sal ons Gallup-gesertifiseerde afrigter jou help en afrig om jou persoonlike resultate en verslag te gebruik sodat jy jou potensiaal maksmimaal kan ontsluit en suksesvol kan wees op enige gebied van jou lewe. 

 

Monstrante® rig ook uitvoerende bestuurders, bestuurspanne en individue af om hulle doelwitte te identifiseer, dit te priotiriseer en die regte roete te volg om hierdie doelwitte te bereik. Ons help besighede en ondernemings om meer verantwoordbaar, doelgerig en kompeterend te wees. 

MENTORSKAP VAN UITVOERENDE- EN SENIOR BESTUURDERS

 

Monstrante® se uitvoerende bestuur bied aan enige individue hul kennis, ondervinding en advies om jou in die regte rigting te lei sodat jy meer vertroue in jouself en jou werk kan kry asook om jou vaardighede sodanig te ontwikkel dat jy waarde sal toevoeg in enige rol in enige organisasie.

MOTIVERINGSPRAATJIES EN -AANBIEDINGS

 

Bespreek jou behoeftes/doelwitte met Monstrante® en ons sal jou personeel en spanne motiveer en inspireer met hoogtepunte uit ons eie reis en die sleutelbeginsels wat ons hieruit geleer het. 

bottom of page